top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrou wat haar seun verkoop het, bly in aanhouding

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 27, 2024
1 min read

ʼn Vrou het in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer mensehandel nadat sy haar tweejarige seun aan onbekende persone verkoop het.

Nuusflits berig die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die vrou is ook aangekla van sameswering om 'n roof te pleeg en van regsverydeling weens ‘n vals verklaring wat sy aan die polisie gemaak het.

Sy het aanvanklik valslik beweer dat haar seun deur mans in ʼn voertuig ontvoer is.

Tydens die ondersoek is die onwaarhede blootgelê, en die vrou het later erken dat sy die misdaad gefabriseer het.

Sy is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

Mahanjana sê die polisie is steeds op soek na die kleuterseun.

Die saak is tot 29 November uitgestell.

 
 
 

Comments


bottom of page