top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrouepresident neem vir die eerste keer die leisels van Namibië

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2024
1 min read

Namibië se nuwe president is vir die eerste keer in die land se geskiedenis van die vroulike geslag. Nadat verskeie uitdagings die verkiesingsproses vertraag het, het die Swapo-party die meerderheid stemme van byna 60% ingesamel om Netumbo Nandi-Ndaitwah op 3 Desember as Namibië se eerste vrouepresident te verwelkom. Maroela Media berig dat Nandi-Ndaitwah sedert Februarie in die pos van adjunkpresident dien en daarop gemik is om werksgeleenthede te skep deur beleggings aan te moedig met behulp van ekonomiese diplomasie. Terwyl byna 80% van die 1,5 miljoen geregistreerde kiesers wel gestem het, doen die Verkiesingskommissie van Namibië ’n beroep op alle burgers om die resultate met ’n gesindheid van eenheid, diversiteit, begrip en versoening te aanvaar.

 
 
 

Comments


bottom of page