top of page

‘n Vrystaat-bejaarde word van ‘n krans in Qwaqwa gered

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

‘n 78-jarige man wat van ‘n krans in Qwaqwa, in die Vrystaat, afgeval het, is gered.


Die man, Tumo Mahlangu, het op die Mabolela-bergtop geloop toe hy gegly, van die krans afgeval en vasgesit het.


Hy het die polisie ontbied en ‘n reddingsmissie is van stapel gestuur.


Die man is na veiligheid gehys en het die nodige mediese behandeling ontvang voordat hy na ‘n streekhospitaal vir verdere ondersoek en behandeling vervoer is.


Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is die bejaarde veilig sonder ernstige beserings.


LUISTER HIER:


Thabo Covane

FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page