top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaat-boer se moordenaars sit lewenslank in die tronk

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 4, 2025
1 min read

Die twee mans wat die 66-jarige Vrystaat-boer, Dave Wessels, vyf jaar gelede op sy plaas buite Viljoenskroon vermoor het, is gevonnis.


Hulle is deur die Kroonstad-streekhof skuldig aan moord en huisroof bevind, en tot lewenslange tronkstraf vir die moord en sewe jaar tronkstraf vir die huisroof gevonnis, die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.


Polisiewoordvoerder, Kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring die saak dateer terug na 4 Oktober 2020, toe die die boer by sy huis aangeval is.


Hy is gevind met sy hande en bene vasgevind en sy kop in plastiek toegedraai.


Volgens die Provinsiale Kommissaris van die Vrystaat stuur die vonnis ‘n duidelike boodskap dat diegene wat geweldsmisdade pleeg, die volle mag van die wet in die gesig sal staar.


Dave Wessels. FOTO: Dave Wessels
Dave Wessels. FOTO: Dave Wessels


 
 
 

Comments


bottom of page