‘n Vrystaat-munispaliteit se onkostes hoop op
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 18, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse Maluti-a-Phofung-munisipaliteit se onkostes hoop op.
Nie net moes hulle in vanjaar se derde kwaartaal R12.5 miljoen aan prokureurskostes bestee nie, volgens Netwerk24 is die munisipaliteit verder by nog twee regsake, rakende die onwettige besetting van die Platberg-natuurreservaaat, betrokke.
Hulle het ook tydens hul laaste twee raadsvergaderings ‘n totaal van R4.6 miljard se ongemagtigde uitgawes afgeskryf, én is vroeër deur die hooggeregshof in Bloemfontein gelas om hul skuld van meer as R1 miljard aan die Departement van Water en Sanitasie te vereffen.
Volgens die munisipaliteit se woordvoerder is die ongemagtigde uitgawe weens die gebruik van onbehoorlike stelsels wat vir waardevermindering gebruik word.
Slegte skuld en ‘n salarisrekening, wat as gevolg van oortyd die begroting oorskry, dra ook tot die ongemagtigde uitgawes by.







Comments