top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaat-pad eis sewe lewens

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Sewe mense is oorlede in ’n reg van voor ongeluk op die Vrystaatse R712-pad tussen QwaQwa en Harrismith naby die Sterkfonteindam.


Nooddienste en wetstoepassingsbeamptes het laat Saterdagaand op die ongelukstoneel gereageer.


Volgens owerhede was ’n ligte afleweringsvoertuig en ’n ligte motorvoertuig in die ongeluk betrokke.


Ses mans en een vrou is op die toneel dood verklaar, terwyl een beseerde na die Thebe-hospitaal in Harrismith geneem is vir behandeling.


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ongelukondersoekeenheid ondersoek die voorval.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page