top of page

‘n Vrystaat-pastoor sit lewenslank vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 20, 2025
  • 1 min read

‘n Pastoor van Kroonstad, in die Vrystaat, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy een van sy kerklidmate, ‘n 11-jarige dogtertjie, verkrag het.


Volgens Netwerk24 het die 43-jarige pastoor, Hendrick Tana, baie by die huisgesin gekuier, en het die ma hom as ‘n pa-figuur en familielid beskou.


Die jong meisie het in camera getuig dat die pastoor op die dag van die verkragting geweet het haar ma is nie by die huis nie.


Met sy aankoms het hy die huis se deur toegemaak, haar gegryp en verkrag.


Behalwe vir die lewenslange vonnis het die hof ook gelas dat Tana se naam in die register vir seksoortreders aangeteken word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page