top of page

‘n Vrystaat-polisiebeampte is gevonnis ná hy ‘n voetganger omry

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 9, 2025
  • 1 min read

ʼn Vrystaatse polisiebeampte is twee jaar tronkstraf of ʼn boete van R30 000 opgelê toe hy skuldig bevind is op aanklag van strafbare manslag. Maroela Media berig die 39-jarige Thabo Tlali van die Phuthaditjhaba-honde-eenheid het in September 2023 onder die invloed van alkohol met ʼn amptelike voertuig gery toe hy ʼn 57- jarige voetganger omgery het. Die voetganger het noodlottige beserings opgedoen. Ná die ongeluk kon Tlali weens sy dronkenskap nie beweeg nie. Hy is op die toneel in hegtenis geneem, en het later skuld beken. Tlali se rybewys is ook vir 12 maande opgeskort en hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

 
 
 

Comments


bottom of page