‘n Vrystaat-student bewys volharding dra vrugte
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 15
- 1 min read
’n Vrystaatse student het bewys dat volharding uiteindelik vrugte dra. Dit nadat sy haar mediese graad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het.
Bianca Vermeulen is onlangs as dokter gekwalifiseer ná ’n agt jaar lange pad, waartydens sy 32 keer onsuksesvol aansoek gedoen het om medies te studeer.
Ten spyte van herhaalde teleurstellings het sy aan haar droom bly vashou — en kan sy haarself nou Dr Bianca Vermeulen noem.
Volgens die universiteit se plasing op sosiale media beskryf sy dié oomblik as die eerste helder sonsopkoms ná ’n lang storm — stil, nederig en byna onwerklik.
Vermeulen voeg by die oomblik beteken dat die meisie wat geweier het om op te hou glo in haar doel, reg was om vas te hou. Dit beteken volharding het saak gemaak en dat geloof vrugte afgewerp het.








Comments