top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaat-student is tydens klas oorlede

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30, 2025
1 min read

Alle akademiese aktiwiteite is Dinsdag by die Welkomkampus van die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie, na die dood van ‘n student, opgeskort.


Volgens die kantoor van die visekanselier is die vierdejaarstudent na ‘n kort siekbed Maandag tydens klas oorlede.


Die voorval het die kampusgemeenskap diep geraak, en die universiteit werk nou saam met die dekaan van student en die studenteleierskap om te verseker dat almal die nodige emoisionele en sielkundige ondersteuning ontvang.


Die universiteit het hul innige meegevoel aan die familie, vriende, klasmaats en dosente uitgespreek en sê dit is 'n diepgaande verlies van 'n jong lewe met soveel belofte.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 


 
 
 

Comments


bottom of page