’n Vrystaatse brigadier word twee keer tydens ’n roof geskiet

’n Brigadier van die Vrystaatse polisie is twee keer geskiet tydens ’n gewapende roof by die Kliprivier naby Sasolburg.
The Citizen berig sy en haar suster is die naweek deur twee gewapende mans oorval toe hulle na hul voertuig terugkeer.
Die verdagtes het glo die voertuig se sleutels en selfone geëis. Toe die brigadier weier om die sleutels te oorhandig, het een van die mans haar glo met ’n vuurwapen teen die kop geslaan.
Sy is daarna in die maag geskiet. Toe die verdagtes ’n polisieweerspieëlbaadjie in die voertuig ontdek en besef sy is ’n polisiebeampte, is sy glo weer, dié keer in die knie, geskiet.
Die verdagtes het met haar suster se selfoon gevlug. Albei vroue is hospitaal toe geneem.
Die verdagtes is steeds op vrye voet en ondersoeke na poging tot moord en roof duur voort.









Comments