top of page

'n Vrystaatse burgemeester bly glo onwettig in 'n regeringshuis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 21
  • 1 min read

Die burgemeester van die Tswelopele-munisipaliteit, Kenalemang Phukuntsi, woon na bewering onwettig in ’n huis in Hoopstad, wat as die eiendom van die Vrystaatse regering geregistreer is. Phukuntsi het glo ook reeds grootskaalse uitbreidings aan die eiendom aangebring.


Netwerk24 berig ’n DA-raadslid in die munisipaliteit, Louise Verwey, sê daar was nog geen gevolge sedert ontdek is dat die eiendom onwettig bewoon word nie. Daar was bewerings van ’n moontlike uitsettingskennisgewing aan die einde van 2025, maar met 'n inspeksie is bevind dat Phukuntsi steeds in die huis woon.


Die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastruktuur het nie op die DA se navraag geantwoord of Phukuntsi nou die eiendom wettig deur middel van ’n huurkontrak of koopooreenkoms bewoon nie.


Kenalemang Phukuntsi. FOTO: Facebook
Kenalemang Phukuntsi. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page