‘n Vrystaatse egpaar is tronk toe vir dieremishandeling en seksuele misbruik
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 10
- 1 min read
'n Selfverklaarde Vrystaatse pastoor, Andre Labuschagne, en sy vrou, Reinette, is vandeesweek in die Streekhof in Odendaalsrus tot direkte tronkstraf gevonnis vir dieremishandeling en seksuele misbruik.
Volgens Nova News volg die vonnis ná die mishandeling en dood van 'n bulterriër met die naam Leo.
Die saak word beskryf as Suid-Afrika se eerste direkte tronkstraf vir die mishandeling van 'n huisdier.
Die hof het Andre Labuschagne ook skuldig bevind aan die seksuele misbruik van sy agtjarige kleindogter. Reinette Labuschagne is skuldig bevind omdat sy versuim het om die voorval aan te meld.
Albei is op ook die Nasionale Register vir Seksoortreders geplaas en onbevoeg verklaar om met kinders te werk.








Comments