'n Vrystaatse gesin rou beide hul pa en vriend
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 30, 2025
- 1 min read
Die Crouwkamp-gesin van Parys in die Vrystaat beleef ’n besonder swaar feestyd ná ’n ernstige motorongeluk op die R59 tussen Parys en Sasolburg – slegs dae ná die dood van hul familiehoof.
Netwerk24 berig 'n familievriend, Frans Combrink, is in dié ongeluk oorlede, waarin die broers Willem en Corné Crouwkamp ernstig beseer is. Hul ma, Sonja, was ook in die voertuig.
Die gesin se pa, Willie Crouwkamp, is op 16 Desember weens gesondheidskomplikasies dood.
Willem moes deur die nooddienste met toerusting uit die voertuig bevry word en is vir skouerbeserings in ’n hospitaal in Sasolburg behandel. Corné het ernstige kopbeserings opgedoen en is eers in Sasolburg gestabiliseer voordat hy na die Pelonomi-hospitaal en later die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas is. Sonja is ook vir beserings behandel.







Comments