top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse ma is tronk toe nadat sy haar seun met kookwater verbrand

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

’n Vrystaatse ma is tot 12 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat sy kookwater oor haar 10-jarige seun uitgegooi het.


Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die seun brandwonde aan die agterkant van sy lyf opgedoen en is ook met ’n gordel aangerand.


Die vrou het hom daarna vir 3 dae in die huis aangehou voordat hy daarin kon slaag om, met die hulp van gemeenskapslede, na sy oupa se huis te vlug.


Die vrou is suksesvol deur die Phuthaditjhaba-eenheid vir gesin, kinderbeskerming en seksuele oortredings, saam met die Nasionale Vervolgingsgesag, skuldig bevind op ’n aanklag van poging tot moord.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page