top of page

'n Vrystaatse man is agter tralies nadat hy 'n minderjarige swanger maak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 27
  • 1 min read

’n Man van Kroonstad wat ’n minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het, is vandeesweek in die streekhof tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.


Volgens 'n polisieverklaring kom die 35-jarige man se vonnis ná ’n voorval in September verlede jaar toe hy die 15-jarige slagoffer in sy blyplek in Constantia Park, Maokeng, verkrag het.


Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, sê die man was haar kêrel. Hy het glo die deur gesluit en geëis om seksuele omgang met haar te hê, waarna hy haar huis toe geneem het.


Toe dit 'n paar maande later aan die lig kom dat die meisie swanger is, het 'n onderwyser dit onder die owerhede se aandag gebring.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page