'n Vrystaatse man is vas vir onwettige wapenbesit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 18, 2025
- 1 min read
Die polisie in Qwaqwa in die Vrystaat het 'n verdagte in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n vuurwapen.
‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê na aanleiding van inligting wat van die gemeenskap ontvang is, het polisie 'n perseel deursoek.
‘n Ongelisensieerde vuurwapen en 'n leë magasyn is bo-op ‘n klerekas ontdek. Die reeksnommer van die vuurwapen is afgevyl, en die wapen was met ammunisie gelaai.







Comments