top of page

'n Vrystaatse man is vir die rig van 'n vuurwapen in hegtenis geneem

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Nov 5
  • 1 min read

'n Man is op 'n plaas naby Ficksburg in die Vrystaat vir die rig van 'n vuurwapen in hegtenis geneem.


Die provinsiale anti-bende-eenheid (AGU) is Dinsdag na die plaas ontbied nadat 'n klagte oor die rig van 'n vuurwapen ontvang is. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die AGU met hul aankoms op die toneel die verdagte opgespoor en gekonfronteer.


Die swart nagemaakte 9mm vuurwapen is in die plafon van 'n ander huis gevind waar dit versteek was, en die verdagte is in hegtenis geneem.


Ná verdere ondersoek is daar ontdek die verdagte word ook met 'n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Senekal-area verbind.


Hy sal binnekort in die Ficksburg-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page