'n Vrystaatse man sit vir die aanranding van en moord op sy vrou
- Ilde Roos
- 22 hours ago
- 1 min read
'n Man is in die Bloemfonteinse Hooggeregshof skuldig bevind op 'n aanklag in verband met gesins- en geslagsgebaseerde geweld.
Pule Louw is tot nege jaar tronkstraf vir strafbare manslag en ses jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed aan te doen gevonnis.
Volgens 'n polisieverklaring het die slagoffer – Louw se vrou, Dolly – in April verlede jaar 'n saak van aanranding teen haar man geopen.
Later in die hof is daar getuig hy het haar weer erg aangerand. Die volgende oggend het hul 10-jarige seun sy ma probeer wakker maak, maar sy het nie gereageer nie. Toe hy sy pa vertel, is hy aangesê om buite te gaan speel.
Later het 'n ambulans by die huis opgedaag, en die slagoffer is op die toneel by hul huis in Trompsburg dood verklaar.
'n Saak van moord is geopen en die verdagte in hegtenis geneem. Die verdagte het skuld beken, en hy is gevonnis. Hy is ook ongeskik verklaar om 'n vuurwapen te besit. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Comments