top of page

'n Vrystaatse man word vermis nadat hy glo sy geslag wou verander

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 3 days ago
  • 1 min read

'n Jong man van Welkom in die Vrystaat het vermis geraak kort nadat hy glo op aanlyn kletsgroepe betrokke geraak en sy geslag van manlik na vroulik wou verander.


Christopher Cloete se ma, Doreen, sê hy het kort voor sy verdwyning vroueklere aanlyn bestel en wou sy geslag op sy identiteitsdokument verander. Sy beweer haar seun het nooit enige tekens gewys dat hy gay of transgender is nie.


Netwerk24 berig Doreen sê haar seun se motor is voor ’n bushalte gevind. Sy vermoed iemand het hom by die bushalte opgelaai omdat geen busse vertrek het nadat hy sy motor daar geparkeer het nie.


Hy het die familie se WhatsApp-groep verlaat en daarna nie weer kontak met die familie gehad nie. Sy selfoon is ook daarna afgeskakel.


Doreen sê haar seun is die afgelope twee maande betrokke by aanlyn kletsgroepe en sy vermoed hy is só “gebreinspoel”.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê Christopher is as ’n vermiste persoon aangemeld en die saak word tans ondersoek.


Christopher Cloete. FOTO: Netwerk24
Christopher Cloete. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page