'n Vrystaatse munisipale bestuurder is vas vir transformatorbedrog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 20
- 1 min read
Die Valke in die Vrystaat het die voormalige munisipale bestuurder van die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit en die direkteur van Lesedi Khanya Energy in hegtenis geneem vir beweerde bedrog, diefstal en geldwassery met betrekking tot elektrisiteitstransformators.
Die maatskappy is ‘n tender ter waarde van R1,9 miljoen toegeken om transformators in die Maluti-A-Phofung-gebied in 2021 te installeer. Die transformators is egter nooit afgelewer nie.
Dit het later aan die lig gekom dat die direkteur, Lelokonyane Letseng, die faktuur ingedien het wat deur die munisipale bestuurder, Futhulu Mothamaha, gemagtig is.
Hulle het reeds in die Bethlehem-landdroshof verskyn waar hulle elk borgtog van R10 000 toegestaan is. Die saak is tot 22 Januarie uitgestel.






Comments