‘n Vrystaatse munisipalieit het na jare weer ‘n verkeersafdeling
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
Vir die eerste keer in nege jaar het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, wat onder andere Parys, Heilbron en Vredefort insluit, sy munisipale verkeersafdeling herstel. Parys Gazette berig die afdeling het amptelik in hul kantoor by die brandweerstasie begin werk. Volgens die munisipale bestuurder sal die herinstelling van die afdeling nie net help om wetstoepassing binne die munisipale gebied te versterk nie, maar is dit ook deel van die voortdurende pogings om die inkomstestroom vir die munisipaliteit te verbeter. Beamptes sal verseker dat padverkeerswette en munisipale bywette nagekom word, en ook sal hulle padtekens sigbaar is en dat padmerke in stand gehou word.






Comments