top of page

‘n Vrystaatse munisipaliteit se verlof tot appèl misluk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 20, 2025
  • 1 min read

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre hooggeregshofuitspraak in die Hooggeregshof in Bloemfontein het misluk. Volgens die Parys Gazette bevestig die beslissing dat regter J.P. Daffue se gestruktureerde interdik geld wat onder meer bepaal het dat provinsiale ingryping ingevolge artikel 139 van die Grondwet gedoen moet word, en dat die munisipaliteit se finansiële en bestuurskrisis onder streng toesig geplaas moet word. Daffue het vroeër in die Vrystaatse Hoë Hof bevind dat die munisipaliteit nie sy grondwetlike, wetlike en administratiewe verpligtinge teenoor die inwoners van Parys, Heilbron, Koppies, Edenville en Vredefort nakom nie. Die munisipaliteit het in ‘n amptelike verklaring gesê kennis is geneem van die uitspraak, en dat die uitspraak bestudeer sal word waarna  ‘n aankondiging oor die pad vorentoe gemaak sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page