‘n Vrystaatse munisipaliteit wil die eerste wees om hul eie krag op te wek
- Armando Pieters

- Aug 26
- 1 min read
Die Vrystaatse Matjhabeng Munisipaliteit beoog om die eerste plaaslike munisipaliteit in die land te wees wat 'n lisensie bekom om sy eie elektrisiteit op te wek. Volgens SABC News sal die munisipaliteit, saam met die Departement van Elektrisiteit en Energie, 'n tegniese energie werkgroep stig wat daarop gemik is om sy elektrisiteitsinfrastruktuur en -kapasiteit te versterk. Die Uitvoerende Burgemeester van Matjhabeng sê hulle berei voor vir hul beleggingsberaad in Oktober. Hy voeg by deur die beraad wil die munisipaliteit beleggers lok vir sy energiesentrum.





Comments