'n Vrystaatse munisipaliteit word gelas om sy skuld van meer as R1 miljard te vereffen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 7
- 1 min read
In wat as 'n mylpaal-uitspraak bestempel word, is die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in die Vrystaat deur die hooggeregshof in Bloemfontein gelas om sy skuld van meer as R1 miljard aan die departement van water en sanitasie te vereffen.
Dit kom nadat die applikant versoek het dat die munisipale bestuurder 11% van die munisipaliteit se billike toewysing deur die nasionale tesourie gebruik om die skuld af te betaal.
Netwerk24 berig die munisipale bestuurder sal in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word indien die betalings nie gemaak word nie.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, Thabo Kessah, sê die munisipaliteit is bewus van die skuld, maar wou nie verder kommentaar lewer nie aangesien die saak reeds in die hof draai.





Comments