top of page

‘n Vrystaatse munispaliteit versuim om salarisse betyds te betaal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 29
  • 1 min read

'n Vrystaatse munisipaliteit het weereens sy werkers woedend gemaak deur nie salarisse betyds te betaal nie.


Sunday World berig die Mafube-plaaslike munisipaliteit, geleë in die Fezile Dabi-distrik, het personeel in 'n memorandum ingelig dat die lone negatief beïnvloed sal word nadat die koffers opgedroog het.


Die memorandum noem verder dat die bestuur erken die situasie kan ongerief veroorsaak.


Dit het ook werknemers verseker dat alle pogings aangewend word om die finansiële probleme op te los en te verseker dat salarisse so gou as moontlik betaal word.


Vir meer as tien jaar het die Mafube-munisipaliteit te kampe gehad met ernstige finansiële probleme en vertraagde salarisbetalings.


Nie net het die probleme hul administrasie geloofwaardigheid benadeel nie, maar ook dienslewering en die lewens van personeel.


FOTO: Sunday World
FOTO: Sunday World

Comments


bottom of page