top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse onderwyser is weens seksuele aanranding en teistering ontslaan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 19, 2025
  • 1 min read

‘n Onderwyser by die Vrystaatse Makabelane Tegniese Skool is na ‘n arbitrasieverhoor met ontmiddelike effek ontslaan. Dit na hy aan agt aantygings van seksuele aanranding en teistering, waarby drie leerders betrokke was, skuldig bevind is. Twee van die leerders was tussen 14 en 16 jaar oud en die derde leerder was 18 jaar ten tyde van die beweerde aanranding en teistering in 2023 en 24. In ‘n mediaverklaring sê die Vrystaatse Departement van Onderwys hulle verwelkom die uitspraak. Hulle voeg by die departement sal voortgaan om onvermoeid te werk om voorvalle van mishandeling te voorkom en om daarop te reageer. Hulle sal ook ondersteuning en hulpbronne aan die slagoffers verskaf, om te verseker dat hulle die sorg en bystand ontvang wat hulle nodig het.

 
 
 

Comments


bottom of page