‘n Vrystaatse onderwyser verskyn eersdaags in die hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 12 minutes ago
- 1 min read
‘n Vrystaatse onderwyser wat op aanklag van beweerde seksuele aanranding en verkragting teregstaan, sal eersdaags in die Parys-landdroshof verskyn.
Dit na hy dié naweek in die selle deurgebring het.
Volgens Parys Gazette hou die aanklagte verband met voorvalle wat glo in 2022 plaasgevind het. Luidens ‘n verklaring van die Departement van Onderwys is die veiligheid van leerders nie-onderhandelbaar nie.
Die departement het ook diep kommer oor die bewerings uitgespreek.
Daar is intussen, volgens die departement se woordvoerder Howard Ndaba, maatreëls ingestel om geaffekteerde leerders te ondersteun, en te bepaal of die skoolbestuur alle verpligte aanmeldingsprosedures gevolg het.






Comments