top of page

'n Vrystaatse paartjie is in hegtenis vir die onwettige verkoop van medisyne

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 15, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het ‘n paartjie in hegtenis geneem vir die verkoop van skedule 5-middels sonder ‘n lisensie en buite ‘n apteek.

Die Sasolburg-speurders het inligting ontvang oor die paartjie wat hoesstroop en alprazolam-tablette by ‘n spesifieke huis in Sasolburg verkoop.

Nadat die lede die huis deursoek het, het hulle 58 vol van die hoesstroop en 22 vol houers van die tablette ontdek.

 
 
 

Comments


bottom of page