top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse padprojek se waarborge is glo vervals

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

'n Bedrogsaak is teen die voormalige kontrakteur van die Excelsior-Tweespruit-padprojek aanhangig gemaak.


Volgens Netwerk24 sê die Vrystaatse regering die prestasie- en retensiewaarborge wat vir die kontrak ingedien is, was na bewering vervals of het nie bestaan nie.


Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, sê die saak is by wetstoepassingsowerhede aangemeld en word ondersoek.


Hy voeg by die regering sal ook probeer om enige finansiële verliese wat weens die beweerde bedrog gely is, te verhaal.


Volgens die padprojek se projekbestuurder moes die kontrakteur ingevolge die kontrak prestasie- en retensiewaarborge indien voordat werk aan die projek kon begin. Nadat die kontrak beëindig is, is vasgestel dat die waarborge na bewering nie eg was nie.


Jabu Mbalula. FOTO: News24
Jabu Mbalula. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page