'n Vrystaatse plaas is na bewering onwettig beset
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 7
- 1 min read
Die plaas Rooikraal naby Harrismith in die Vrystaat is glo deur sowat 15 betreders onwettig begin bewoon. Maroela Media berig die VF Plus beweer die betreders glo dat hulle wel toestemming ontvang het van Letsitsa Moloi III, die selfverklaarde “koning” van die Bakholokoe-stam.
Die VF Plus se leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk, sê die polisie het ʼn grondwetlike plig om die regte van wettige grondeienaars te beskerm.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder twee van die vermeende onwettige besetters is aanvanklik deur ʼn private sekuriteitsmaatskappy aangekeer en aan die polisie oorhandig.
Ilde Roos







Comments