‘n Vrystaatse plaas sê vir Eskom totsiens
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die grootste alleenstaande sonkrag- en batterystelsel vir landboudoeleindes in Suid-Afrika word tans op 'n plaas in die Vrystaat gebou.
Landbouweekblad berig die stelsel word op Belle Rive, langs die Vaalrivier, geïnstalleer en sal na verwagting teen Oktober voltooi wees.
Wanneer die projek voltooi is, sal die boerdery heeltemal onafhanklik van Eskom kan funksioneer.
Die sonkragaanleg en batterystelsel sal die plaas regdeur die jaar van krag voorsien, onder meer vir besproeiing, verkoeling en ander boerderybedrywighede.








Comments