top of page

'n Vrystaatse polisiebeampte ontvang 'n internasionale eerbewys

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 31
  • 1 min read

'n Polisiebeampte van Welkom het die International Association of Auto Theft Investigators (IAATI) in Suid-Afrika se toekenning vir die beste motorkapingsondersoeker van die jaar ontvang.


Dit kom nadat konstabel S.G. Bulose uitstaande ondersoekwerk op 'n komplekse motorkapingsaak gedoen het.


Nova News berig sy werk het daartoe gelei dat twee verdagtes skuldig bevind is en elk tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is.


Die seremonie is in Modimolle in Limpopo gehou. Buiten 'n trofee het hy ook 'n ten volle betaalde reis na Kanada ontvang, waar hy 'n IAATI-kursus gaan bywoon.


Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Baile Motswenyane, het Bulose geluk gewens met sy prestasie en sy toegewyde werk om voertuigverwante misdaad te beveg.


Konstabel S.G. Bulose. FOTO: Nova News
Konstabel S.G. Bulose. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page