top of page

’n Vrystaatse polisiëringseenheid verander bome in kantore

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 20
  • 1 min read

’n Vrystaatse polisiëringseenheid in Sasolburg het bome in werkskantore verander. Sunday World berig dit kom nadat die beamptes weens beroepsgesondheid- en veiligheidsrisiko's uit hul bouvallige gebou in Zamdela gesit is. Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) se provinsiale sekretaris, Mantoetse Molapo, sê die vakbond is teleurgesteld met die polisie se huidige werksomstandighede, en voeg by daar was vroeër die maand ingestem dat mobiele kantore af gelewer sou word – maar dit het nooit gebeur nie. Die nasionale polisiewoordvoerder, kolonel Athlenda Mathe, het vir Sunday World gesê hulle is bewus van die probleem en dat hulle daaraan aandag gee. ‘n Terreinvergadering is vir more gereël.

 
 
 

Comments


bottom of page