top of page

‘n Vrystaatse prokureur is aan verskeie misdrywe skuldig bevind

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Die Vrystaatse afdeling van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) neem met kommer kennis van die onlangse verspreiding van waninligting rakende die strafregtelike verrigtinge teen Jan Maritz, 'n bekende prokureur van Welkom. Die NVG sê in ‘n mediaverklaring in teenstelling met ongegronde bewerings wat daarop dui dat "niks in die saak gebeur het nie" of dat "Maritz nie skuldig bevind is nie", bevestig hulle dat hy wel deur die Hooggeregshof in Bloemfontein, aan verskeie ernstige seksuele misdrywe, insluitend verkragting, skuldig bevind is. Die saak is vir vonnisoplegging tot 6 Oktober 2025 uitgestel. Daar word verwag dat die hof die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf sal oorweeg.

 
 
 

Comments


bottom of page