'n Vrystaatse regter is al agt jaar met betaalde siekverlof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 23
- 1 min read
'n Vrystaatse regter is al agt jaar met betaalde siekverlof, terwyl hy steeds sy salaris en ander voordele ontvang.
The Sowetan berig 'n Regterlike Gedragstribunaal ondersoek of regter Lepona Lekale steeds medies geskik is om op die regbank te dien.
Lekale, wat sedert 2018 met siekverlof is, het volgens die berig ernstige komplikasies weens diabetes ontwikkel, insluitend die amputasie van 'n been en verlies van sy sig.
Hy het egter nie vir mediese aftrede aansoek gedoen nie omdat 'n tradisionele geneser hom glo meegedeel het dat sy voorouers ontsteld sal wees en dat sy sig selfs weer kan terugkeer.
Indien die tribunaal bevind dat hy nie meer geskik is om as regter te dien nie, kan dit uiteindelik tot sy afsetting lei.








Comments