top of page

'n Vrystaatse rehabilitasiesentrum is weens gasverwarmers gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die Charlotte Maxeke-rehabilitasiesentrum in Botshabelo in die Vrystaat is tydelik gesluit. Dit wees die risiko van koolstofmonoksiedvergiftiging, brandgevare en swak beligting vir werknemers.

Volksblad berig werknemers en pasiënte se gesondheid en veiligheid in gevaar weens die gebruik van gasverwarmers binne die sentrum wat vir buite bedoel is.

'n Tweede verbodskennisgewing sê swak beligting in die sentrum stel die werknemers se gesondheid en veiligheid in gevaar.

Die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het die sluiting verwelkom. Die bestuurder van die PSA in die Vrystaat, Aubrey Nappie, sê hulle sal die situasie steeds noukeurig monitor, en dring daarop aan dat geen werknemers of pasiënte op die perseel toegelaat word totdat alle geïdentifiseerde risiko's aandag gekry het nie.

Geen kommentaar is van die Vrystaatse departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang nie.

 
 
 

Comments


bottom of page