'n Vrystaatse rugbylegende verloor sy kankerstryd
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
Die bekende voormalige Vrystaat-rugbyspeler Henning Liebenberg is ná 'n kort stryd teen breinkanker oorlede.
Volgens Netwerk24 was die 67-jarige ook 'n bekende figuur in Griekwas-rugby en het hy hom later as krieketspeler onderskei.
Sy seun, die voormalige Springbok-haker Tiaan Liebenberg, het bevestig dat sy pa Saterdag by hul huis in Wildernis oorlede is. Liebenberg is volgens sy familie in Februarie met breinkanker gediagnoseer.
Benewens sy bydrae tot rugby het hy ook Griekwas op die krieketveld verteenwoordig en was hy bekend as 'n veelsydige sportman.
Vriende en voormalige spanmaats het hulde gebring aan Liebenberg en hom beskryf as 'n lojale klubman, toegewyde gesinsmens en gerespekteerde sportfiguur.








Comments