top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vrystaatse sakeman is in hegtenis ná hy glo 'n tiener aanrand

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

'n Vrystaatse sakeman van Boshof is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 17-jarige seun aangerand het.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die voorval het vroeër die week plaasgevind toe die seun op pad huis toe was.


Volgens die polisie het die sakeman glo die tiener met 'n voertuig gevolg voordat hy hom by 'n vulstasie aangerand het.


Die motief vir die beweerde aanranding is in hierdie stadium nog onbekend en die polisie ondersoek die saak.


Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Boshof op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: TheCable
Ter illustrasie. FOTO: TheCable

 
 
 

Comments


bottom of page