top of page

‘n Vrystaatse sakeman se vermeende moordenaars is in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25
  • 1 min read

Die polisie het twee van die vier verdagtes wat gesoek word in verband met die moord op die Vrystaatse sakeman, Mohammed Alam, in hegtenis geneem. Volgens SABC News hy is in Februarie verlede jaar in sy winkel in Kestell doodgeskiet. Daar word beweer dat vier onbekende mans op die dag van die voorval die winkel binnegegaan en verskeie skote op die sakeman in die volle sig van sy meisie afgevuur het. Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring sê die slagoffer is op die toneel dood verklaar en dat die verdates te voet gevlug het sonder om enigiets te steel. Die eerste verdagte is Vrydag naby Harrismith aangekeer, terwyl die tweede verdagte Saterdag in Harrismith in hegtenis geneem is. Volgens die polisie is tweede verdagte reeds op borgtog vir nog 'n moordsaak.

 
 
 

Comments


bottom of page