‘n Vrystaatse sakeverou kry ‘n opgeskorte vonnis vir bedrog en geldwassery
- Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
'n Vrystaatse sakevrou en haar maatskappy is deur die Phuthaditjhaba-landdroshof gevonnis nadat sy vals Covid-19 Ters-eise vir 16 spookwerknemers tydens die pandemie ingedien het. Volgens The Citizen is sy en haar maatskappy, Aqua Land and Swimming Services, aan bedrog en geldwassery skuldig bevind. Vir geldwassery het sy tronkstraf van vyf jaar ontvang, wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar. Die landdroshof het haar maatskappy ook 'n boete van R200 000 opgelê vir diefstal en 'n verdere R200 000 vir geldwassery, met beide boetes wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar, mits die maatskappy nie dieselfde oortredings gedurende daardie tydperk pleeg nie.





Comments