top of page

'n Vrystaatse sekuriteitsbeampte is dood gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 17, 2025
  • 1 min read

Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die dood van ‘n sekuriteitsbeampte wat naby die Sol Plaatjie-dam met ‘n skietwond aan die kop gevind is.


Sy dienspistool is langs sy liggaam ontdek.


‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede en oorsaak van dood te bepaal.


Die oorledene is deur sy familie geïdentifiseer, maar sy naam mag nie tans vrygestel word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page