‘n Vrystaatse skool is amptelik selfoonvry
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
Die Goudveld-Hoërskool in Welkom het ‘n nuwe beleid ingestel – geen selfone tydens skoolure nie. Luidens ‘n plasing op sosiale media is daar ‘n R300 boete of leerlinge se foon word vir 10 dae in die kluis gesit indien hulle oortree. Die Vrystaatse skool sê hulle kies uitnemendheid en balans so hulle kinders moet hul koppe by hul boeke hou, sonder TikTok of WhatsApp afleidings. Hulle voeg by pouses is vir lag, gesels en saam kuier want dis waar regte vriendskappe begin. Ook, hoe minder skermtyd daar is hoe meer vreugde en minder druk is daar.





Comments