top of page

‘n Vrystaatse skool sluit sy deure weens ‘n waterkrisis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 14 minutes ago
  • 1 min read

’n Vrystaatse  skool van Kestell, met meer as 1 000 leerders – insluitend ’n koshuis – moes sy deure sluit nadat dié dorp vir tien dae sonder water was.


NOVA News berig die wateronderbreking volg ná nóg ’n kragstorting by die Sterkfontein-watersuiweringsaanleg.


DA-raadslid, Leona Kleynhans, sê die situasie is by die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake aangemeld.


Sy voeg by herhaalde wateronderbrekings in Kestell skend mense se grondwetlike reg op toegang tot water.


Ten spyte van ingryping deur die Departement van Water en Sanitasie én die bou van ’n nuwe pypleiding vanaf QwaQwa, bly die watertoevoer onbetroubaar.


Meer as 50% van gesuiwerde water gaan glo verlore weens lekkasies, terwyl kragprobleme en verouderde infrastruktuur die krisis vererger.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page