'n Vrystaatse skoolhoof gee homself oor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 14
- 1 min read
‘n Skoolhoof van Harrismith in die Vrystaat het homself aan die Harrismith-polisie oorgegee ná bewerings van ‘n seksuele aanrandingsaak op ‘n leerder by die skool. Die voorval is deur haar ouers polisie aangemeld.
Die 15-jarige leerder is na bewering na die skoolhoof se personeelkamer ontbied terwyl sy saam met ander leerders gestudeer het. Hy het haar toe in ‘n ou kantoor onvanpas aangeraak.
‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die leerder het ander leerders ingelig, wat haar aangeraai het om haar ouers te bel.






Comments