top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse speurder bly agter tralies

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

'n Vrystaatse polisiespeurder wat van korrupsie en afpersing aangekla word, is borgtog in die Sasolburg-landdroshof geweier.


Polisiewoordvoerder brigadier Thandi Mbambo sê William Mahlangu se saak is tot 31 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.


Hy is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering geld van 'n klaer geëis het in ruil daarvoor om 'n aanrandingsaak te laat vaar.


Die Vrystaatse polisie se teenkorrupsie-eenheid het die saak ondersoek en 'n lokval is opgestel. Gemerkte geld is daarna glo in Mahlangu se besit gevind.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page