‘n Vrystaatse speurder is wéér in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 1, 2025
- 1 min read
'n Vrystaatse speurder is vir die tweede keer in een maand in hegtenis geneem.
Vista News berig die 58-jarige is verbonde aan die Eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies in Fouriesburg.
Ondersoekbeamptes het 'n lasbrief verkry en sy woning deeglik deursoek.
Verskeie sakke met bewysstukke is tydens die ondersoek ontdek en gekonfiskeer.
Van die gekonfiskeerde items sluit in selfone, gebruikte wangmonsters, onafgehandelde saakdossiers, polisieregisters en ammunisie.
In 'n vroeëre voorval in November het 'n deursoeking van die speuder se woning 'n ongelisensieerde vuurwapen aan die lig gebring.
Hy is toe in hegtenis geneem, het in die hof verskyn en is daarna op borgtog vrygelaat.







Comments