‘n Vrystaatse speurder slaap in die tronk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 6, 2025
- 1 min read
'n Speurder verbonde aan die Vrystaatse Eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies slaap dié naweek in die tronk.
Nova News berig hy het vroeër die week in die hof verskyn na hy vir ‘n tweede keer in hegtenis geneem is.
Die 58-jarige Adjudant-offisier, Ferdinand van Vuuren, is aanvanklik vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem.
Hy is blykbaar op ‘n waarskuwing vryelaat na hy in die hof verskyn het.
Van Vuuren is weer later in hegtenis geneem na sakke van die polisie met selfone, gebruike wangmonsters, onafgehandelde dossiere, polisieregisters en ammunisie tydens ‘n deursoeking gevind is.
Dié speurder sal na verwagting Maandag weer in die Bethlehem-landdroshof om bortog aansoek doen.







Comments