'n Vrystaatse student en haar kêrel is wreed aangerand
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 17
- 1 min read
'n Student en haar kêrel van Fouriesburg in die Vrystaat is deur drie gewapende mans in hul huurkamer aangeval.
Die man is in die badkamer met die mes gesteek, en elektroniese toerusting en kontant is uit die kamer gesteel. Daarna het hulle die beseerde slagoffer daar gelos en die vrou ontvoer.
Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die vrou is deur al drie mans by 'n nabygeleë rivier verkrag, en later deur net die een by 'n huis Mabolela Village.
Die vrou het deur 'n venster ontsnap en is deur 'n vriend langs die pad gekry en na 'n polisiestasie geneem.
Die polisie van Phuthaditjhaba het twee van die verdagtes in hegtenis geneem, en hulle sal binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof op aanklagte van verkragting, ontvoering en huisroof verskyn. Die derde verdagte word steeds gesoek.






Comments