top of page

'n Vrystaatse tiener steek glo haar kêrel dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 17, 2025
  • 1 min read

'n Tienermeisie van Heilbron in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar 29-jarige kêrel met 'n skerp voorwerp dood gesteek het.


Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê in 'n verklaring 'n oproep is ontvang oor iemand wat buite 'n huis in Phiritona aan sy bolyf gesteek is. Na bewering het die paartjie baklei toe die 17-jarige meisie hom glo gesteek het.


Die verdagte sal binnekort op klagte van moord in die Heilbron-streekshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page